Polisieminister woon hofsaak van “leier” in die Kaapse onderwêreld by

Deur on

3 Mei 2021

Die saak teen die beweerde leier in die Kaapse onderwêreld, Nafiz Modack en twee mede-beskuldigdes, Jacques Cronje en Ricardo Morgan, is tot Vrydag uitgestel.

Dié drie is verlede week aangekeer en word aangekla van sameswering om moord te pleeg, poging tot moord, ontvoering en intimidasie.

Die verband tussen die verdagtes en die poging tot moord op die Kaapse regsgeleerde William Booth – asook  die moord op ‘n bekende Kaapse teen-bende ondersoekbeampte – word ook tans ondersoek.

Die minister van polisie, Bheki Cele, asook die waarnemende provinsiale kommissaris, generaal-majoor Thembisile Patekile en Jeremy Vearey het die hofverskyning bygewoon. Die hof was deur swaar-bewapende polisiebamptes bewaak.

Foto: Twitter

Die minister het gesê hy het die saak bygewoon om sy gelukwensing aan die ondersoekers in die saak oor te dra.

Die drie verdagtes is verlede week ná ‘n hoë-spoed jaagtog aangekeer. Twee ongelisensieërde vuurwapens is in een van die voertuie gevind.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist