Polisiekantore sinoniem met onbeantwoorde telefone, stukkende voertuie en mislukking, sê ActionSA

Deur on

ActionSA beplan om binnekort na die polisieminister, Bheki Cele, se kantoor in Pretoria op te ruk weens die toestand van polisiekantore in die land.

Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê in ‘n verklaring dat die party ‘n versoekskrif aan Cele wil rig wat gebreke by polisiekantore uitwys.

Die party beplan om regstappe te doen indien Cele nie binne drie maande aandag aan dié gebreke gee nie. Volgens Mashaba sal hy, Michael Beaumont en nege provinsiale voorsitters van die party volgende Donderdag op 3 Augustus na Cele se kantoor opruk om ‘n memorandum te oorhandig.

“Die stygende misdaadstatistiek is ‘n teken van hoe misdadigers te werk gaan, terwyl wetsgehoorsame Suid-Afrikaners, in vrees lewe.” Hy meen polisiekantore moet mense laat veilig voel, maar die geboue skets nou ‘n prentjie van die polisie se mislukking, voertuie wat stukkend is en telefone wat onbeantwoord bly.

Mashaba sê hy is besef daar is beamptes wat hard werk, ondanks al die uitdagings, maar dat hulle ook ‘n beter werksomgewing verdien. “Die probleme by polisiekantore moet voor die voete van Cele gelê word.”

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Current track

Title

Artist