Polisiebeampte, verdagte en vyf ander dood in Limpopo-botsing

Deur on

11 Februarie 2024

Sewe mense is dood in ‘n botsing vanoggend buite Mokopane in Limpopo tussen ‘n polisievangwa en ‘n Renault. 

‘n Polisiebeampte asook ‘n verdagte agter in die polisievangwa is op die toneel dood verklaar. Nog ‘n beampte is ernstig beseer.

Volgens die departement van vervoer in Limpopo se woordvoerder, Vongani Chauke was die polisie op pad na die Mokopane-polisiekantoor toe ‘n Renault, wat op pad was in die rigting van Mookgopohong, reg van voor met die vangwa gebots het.

Al vyf mense in die motor, vier vroue en ‘n man is op die toneel dood verklaar. Chauke sê die polisie ondersoek die omstandighede van die ongeluk.


Current track

Title

Artist