Polisie, buurtwagte op hoë gereedheidsgrondslag by moot-ouetehuis

Deur on

28 Julie 2021

Die beplande optog van die EFF na ‘n ouetehuis in Queenswood in Pretoria, is nog nie ten volle aan die gang nie – hoewel dit reeds om 10:00 moes begin.

Sowat 60 EFF-lede het by Huis Herfsblaar-ouetehuis aangekom, maar dit blyk om nog rustig te wees.

‘n Baie sterk polisieteenwoordigheid word voor Huis Herfsblaar gehandhaaf en talle metropolisie-lede hou ook die toestand dop, terwyl ‘n polisiehelikopter ook gebeure vanuit die lug dophou.

Talle strate en skole is gesluit in afwagting op die betoging wat gereël is om solidariteit te betoon met personeel van die aftree-oord wat glo die slagoffers was van ‘n rassistiese voorval.

Tien-talle lede van plaaslike buurtwagte en burgerlike groepe hou die betoging ook van ‘n afstand af dop.

Daar word verwag dat die groep teen 13:00 vanmiddag sal verdaag.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist