Om jou skeppendheid te ontgin en met jou hande jou talente uit te leef kan vir jou nuwe geleenthede ontsluit. Ons gesels in agt episodes met Linda van der Walt, die eienaar en stigter van Plaaslik en eienaar en ontwerper by Fabrikate Studio wat suksesvolle entrepreneurs én diegene wat dalk nog net ’n droom op papier het gaan inspireer en bemagtig.