Piet Retief: Saak tot volgende week uitgestel

Deur on

11 Junie 2021

Agt mense het weer vanoggend vlugtig in die Piet Retief-landdroshof verskyn in verband met die dood van twee mans op die Pampoenkraalplaas in dié omgewing op 9 Augustus.

Die mans word daarvan beskuldig dat hulle Sifiso Thwala and Musa Nene vermoor het. Thwala se broer, Christopher is ernstig beseer.

LEES OOK: PIET RETIEF: AGT MANS WEER VANDAG IN DIE HOF

Vanoggend se saak het grootliks gehandel oor watter skedule misdaad die voorval behoort te wees. Die staat voer aan dat die moorde vooraf beplan is en daarom as skedule 6 misdaad geklassifiseer behoort te word.

Dié skedule beteken eenvoudig gestel dat moord met voorbedagte rade gepleeg is.

Die regsverteenwoordiger van die agt mans, advokaat Jaap Cilliers het egter volgehoue dat dit ‘n skedule 5 oortreding is. Die landdros het met Cilliers saamgestem.

LEES OOK: SEWE VERDAGTES VAS VIR NÓG TWEE MOORDE IN PIET RETIEF

Die saak is tot 15 Junie uitgestel, wanneer die landdros na verwagting ‘n besluit oor die mans se borgtogaansoek sal neem.

Die staat hou vol dat borgtog geweier moet word omdat drie van die agt mans ook betrek word by die dood van die broers, Zenzele en Amos Coka, wat in April vanjaar op die plaas dood is.

Al agt mans bly in aanhouding.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist