Piet Retief: Agt mans weer vandag in die hof

Deur on

4 Junie 2021

Agt mans verskyn weer vandag in die Piet Retief-landdroshof nadat dit gister uitgestel moes word weens beurtkrag.

Dit kom nadat twee mans, Sifiso Thwala en Musa Nene in Augustus verlede jaar op die Pampoenkraalplaas in dié gebied dood is.

LEES OOK: SEWE VERDAGTES VAS VIR NÓG TWEE MOORDE IN PIET RETIEF

Drie van dié persone word ook daarvan aangekla dat hulle betrokke was my die dood van die twee broers, Zenzele en Amos Coka. Hulle is in April vanjaar ook op die plaas dood na ‘n rusie na bewering tussen ‘n groep gemeenskapslede, boere en plaaswerkers uitgebreek het.

Intussen is daar tydens gister se hofverskyning verskeie bewerings gemaak. Werkers van die Pampoenkraal plaas is na bewering gedreig om vals getuienis teen hul werkgewers af te lê.

LEES OOK: PIET RETIEF: BORGTOG TOEGESTAAN

Die hoof van veiligheid op die plaas, Zenzele Patrick Yende , sê die polisie het hom en nog vier ander werkers op 11 Augustus 2020 in hegtenis geneem na die dood van Nene en Thwala. Hulle was na bewering veediewe.

Yende het in ’n beëdigde verklaring gesê die polisie van Dirkiesdorp het hom glo gedreig om vals verklarings oor die voorval in te dien.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist