6 September 2024
‘n Matriekleerling aan die Pretoria High School for Girls is in ‘n tugverhoor onskuldig bevind nadat sy in Februarie vanjaar ‘n video gemaak het waarin sy sê dat sy nog nie enige wit leerling gevra het om voor haar te kniel nie.
Sy is weens die video tydelik geskors, maar is intussen onskuldig bevind.
Die video het in dieselfde tyd aan die lig gekom as nog ‘n voorval waarin 12 wit leerlinge glo hulle swart skoolmaats op ‘n privaat WhatsApp-groep bespreek het. Ook hierdie meisies is onskuldig.
Die skool se adjunkhoof, Doret Schoombie, is verlede maand uit haar pos verwyder en moet nou elke dag by die departement se kantore aanmeld.
Die skoolhoof, Phillipa Erasmus, is reeds in Julie tydelik geskors.