Petrolprys daal, diesel styg

Deur on

3 Julie 2023

Die departement van minerale hulpbronne en energie het die brandstofpryse vir Julie aangekondig.

Petrol word goedkoper, terwyl diesel vir die eerste keer in vier maande duurder gaan word. Die nuwe pryse tree op 5 Julie in werking.

  • 93-oktaan-petrol: Daal met 24-sent per liter.
  • 95-oktaan-petrol: Daal met 17-sent per liter.
  • Diesel met ‘n swaelinhoud van 0,05%: Styg met 18-sent per liter.
  • Diesel met ‘n swaelinhoud van 0,005%: Styg met 12-sent per liter.
  • Paraffien: Daal met 4-sent per liter.
  • Gas: Daal met R2,96 per kilogram.

Die sterker rand teenoor die Amerikaanse dollar is een van die redes waarom petrol goedkoper word.

93-oktaan-petrol het in die binneland in Junie R22.30 per liter gekos, terwyl dit in Julie R22.06 per liter gaan kos.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Current track

Title

Artist