PETROL DUURDER IN APRIL

Deur on

Motoriste kan hulself glo wéér staal vir duurder petrol in April. Dieselverbruikers slaak gelukkig dié keer ’n sug van verligting, nadat die Sentrale Energiefonds bekend gemaak het dat die data op brandstof op ’n onderverhaling van 18-sent per liter dui, maar dieself op ’n oorverhaling van 32-sent per liter.
MasterDrive se uitvoerende hoof, Eugene Herbert, meen dat duurder brandstof in die wintermaande te wagte kan wees en daarom moet motoriste hul liters rek.
Jy kan jou brandstofverbruik – volgens Herbert se raad – verminder deur onder meer te let op banddruk, jou motor oornag binne-in ’n motorhuis te parkeer, jou motor se enjin te laat warm word voor jy die pad aandurf en jou motor te laat diens. Ouer voertuie se lugfiltreerder moet byvoorbeeld vervang word as hy vuil is, aangesien dit ’n direkte uitwerking op ‘n voertuig se brandstofverbruik het.


Current track

Title

Artist