“Peperduur” drank op afskeidsgeselligheid vir afgetrede weermaghoof veroordeel

Deur on

Die VF Plus sê die groot hoeveelhede peperduur drank en whiskey, wat glo deel was van ‘n afskeidsgeleentheid in Bloemfontein is skandelig en meen dit moet ondersoek word.

Dit kom nadat ‘n video vandeesweek aan die lig gekom het van talle drankbottels op talle tafels.

Volgens die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald was dié afskeidsgeleentheid glo gehou vir die afgetrede weermaghoof, generaal Solly Shoke.

Groenewald meen dit is ironies dat hierdie “vermorsing” van geld plaasgevind het terwyl die weermag se begroting gesny is en Shoke self met sy uittrede gewaarsku het dat die weermag nie sy grondwetlike verpligtinge sal kan nakom met besnoeiings aan sy begroting nie.

“Die vraag wat nou beantwoord moet word, is wie vir dié duur drank betaal het en indien dit gedoen is met een of ander personeelfonds, sou dit daarop neerkom dat hoofsaaklik gewone soldate hierdie spandabelrigheid geborg het.”

Die VF Plus sal parlementêre vrae hieroor rig aan die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist