Parlement: Verdagte in Valkenberg vir sielkundige waarneming

Deur on

13 Januarie 2022

Die 49-jarige man, wat daarvan aangekla word dat hy die parlement in Kaapstad aan die brand gesteek het, is in die Valkenberg-psigiatriese hospitaal opgeneem, sodat hy vir 30 dae waargeneem kan word. 

Dit kom nadat die Nasionale Vervolgingsgesag vroeër vandeesweek in die Kaapstadse landdroshof aangevoer het dat Zandile Christmas Mafe vir sielkundige waarneming gestuur moet word nadat hy met paranoïse skisofrenie gediagnoseer is.

LEES OOK: PARLEMENT: VERDAGTE VOORLOPIG MET PARANOÏESE SKISOFRENIE GEDIAGNOSEER

Mafe se regsverteenwoordiger, Dali Mpofu het tydens die hof verskyning gesê dat sy diagnose en die saak niks met mekaar te make het nie en dat hy toegelaat moet word om met sy borgtogaansoek voort te gaan.

Mafe het na die NVG se versoek gedreig dat hy met ‘n eetstaking sal gaan indien hy nie op borg vrygelaat word nie. Sy saak is tot 11 Februarie uitgestel.


Current track

Title

Artist