Parlement skort ondersoek op oor rassisme-bewerings teen Eskom-hoof

Deur on

7 April 2021

Die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, SKOOR, het besluit om die ondersoek na die bewerings van rassisme teen Eskom se uitvoerende hoof, Andre de Ruyter op te skort.    

Die komitee is gevra om die ondersoek te staak terwyl Eskom sy eie interne ondersoek doen. Dit volg ook nadat die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan gevra het dat die komitee sy ondersoek voorlopig staak.

Die geskorste hoof van aankope by Eskom, Solly Tshitangano het die ondersoek aangevra na bewerings dat De Ruyter nie kontrakte aan swart voorsieners wil gee nie.   

Die voorsitter van SKOOR, Mkhuleko Hlengwa was egter bitter ongelukkig omdat Eskom eers besluit het om met ‘n ondersoek te begin nadat SKOOR se ondersoek reeds van stapel laat loop is. 


Lees verder

Current track

Title

Artist