24 Oktober 2024
Die parlement se finansiële hoof, Jason O’Hara, is hangende ‘n ondersoek geskors.
Personeel van die parlement is intussen in kennis gestel dat Nomonde Mpefumlo aangestel is om in O’Hara se plek waar te neem.
In ‘n omsendbrief skryf die parlement dat die skorsing genoodsaak is deur sekere gebeure wat in ooreenstemming met die Wet op Finansiële Bestuur van die Parlement en Provinsiale Wetgewers ondersoek moet word.
Daar is nie verder uitgebrei in die breif nie en die organisasie meld dat die skorsing nie daarop dui dat O’Hara aan enige klagte skuldig bevind is nie.