Paaie in Marlboro-omgewing gesluit weens geweldadige betogings

Deur on

6 Junie 2024

Wetstoepassers is steeds op die toneel nadat hulle gisteraand ontplooi is om oproerige inwoners van Alexandra en Marlboro-Noord in Johannesburg onder beheer te bring.

Inwoners het paaie met brandende bande en klippe versper weens langdurige kragonderbrekings in die gebied.

‘n Woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, Kenny Fihla, sê die betoging  het verkeersontwrigtings in Marlboro-rylaan en Far East Bank-rylaan veroorsaak, wat motoriste gedwing het om alternatiewe roetes te gebruik.

Volgens hom is Marlboro-rylaan in Kelvin en Marlboro Gardens gesluit. Hy sê metropolisiebeamptes is steeds op die toneel.

Foto: Yusuf Abramjee


Lees verder

Current track

Title

Artist