Pa van “tienling” vra om vir eers met skenkings te stop

Deur on

15 Junie 2021

Die pa van die beweerde tienling, Teboho Tsotetsi het ‘n beroep op die publiek gedoen om nié verdere skenkings aan hulle te stuur nie, totdat die ma en die babas terug is by die huis.

Die tienling is volgens berigte in die Pretoria News in die Mediclinic Medforum-hospitaal in Arcadia gebore.

Die 37-jarige ma, Gosiame Sithole is toe glo na die Tshwane Distrikshospitaal geskuif, waar die tienling ook gemonitor word, volgens haar.

Tsotetsi sê hoewel hy in gesprek is met die ma, het hy nog geen foto’s ontvang van die tien babas nie. Hy mag hulle glo ook nie besoek nie, weens Covid-19-regulasies.

LEES OOK: DEPARTEMENT SPOOR MA VAN TIENLING OP; SAL BABAS MÔRE BESOEK

Nie die Medforum hospitaal of die Tshwane distrikshospitaal het berigte bevestig dat die babas wel by hulle is, of by hulle gebore is nie.

Die woordvoerder van MediClinic, Tertia Kruger sê geen van die hospitaalgroep se hospitale het die ma of babas versorg nie.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist