OVK gereed vir munisipale verkiesing

Deur on

9 Junie 2021

Die Onafhankklike Verkiesingskommissie, oftewel OVK sê hy is gereed om die munisipale verkiesing te hou op 27 Oktober vanjaar.

Die OVK het vroeër vanoggend amptelik die verkiesingstydperk aan die rol gesit. ‘n Beraamde 200 politieke partye, met meer as 65 000 kandidate, gaan aan vanjaar se verkiesing deelneem.

Die OVK sal op 17 en 18 Julie ‘n registrasie naweek hou, om voornemende kiesers te help met die registrasie-proses. 

Die kommissie sê ook hy doen alles in sy vermoeë om aan gesondheidsprotokolle te voldoen vir die komende verkiesing, en het reeds gekyk na praktyke in ander lande wat midde-in die pandemie verkiesings gehou het.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist