<--Google Webmaster Tool-->

Oud-Springbok se ma en tannie verdrink

Deur on

4 Julie 2022

Die Oud Springbok Breyten Paulse se ma en tannie het Sondag by die ou hawe in Hermanus verdrink.

Paulse se ma, Setta Visagie, en haar suster, Marie Gelant, is omstreeks 15:00 deur die branders in die see ingeslaan, terwyl hulle by die hawe gestap het.

Nooddienspersoneel het hulle uit die see en hulle na die Nasionale Seereddingsinstituut se reddingstasie geneem, maar personeel se pogings om hulle weer by te bring was onsuksesvol.

Visagie en Gelant is daar dood verklaar. Paulse het die voorval bevestig. Hy vra dat mense vir hom en sy familie sal bid in hierdie hartseer tyd.


Current track

Title

Artist