1 Oktober 2024
Die oud-Amerikaanse president, Jimmy Carter is vandag, 1 Oktober 2024, 100 jaar oud.
Hierdie verjaarsdag maak hom die eerste Amerikaanse president om drievoudige syfers te bereik.
Carter, ‘n Demokraat het tussen 1977 en 1981 een termyn gedien as Amerika se 39ste president. Hy is opgevolg deur Ronald Reagan, wat twee termyne as president gedien het.
Volgens ‘n berig deur die Daily Maverick woon Carter sedert Februarie 2023 in ‘n Hospice-sorgsentrum.
Sy seun Chip Carter het aan plaaslike media gesê dat sy pa nie sy 100ste verjaarsdag so belangrik ag as om op 5 November vir die Demokrate se Kamala Harris te kan stem nie.
In 2007 het hy ‘n Nobel Vredesprys gewen, vir die stigting van die Carter Centre.