Organisasies en politieke partye span saam teen konsepwysigings aan vuurwapenwetgewing

Deur on

10 Junie 2021

Verteenwoordigers van nagenoeg 21 organisasies, verenigings en politieke partye, het vanoggend ’n konferensie in Pretoria bygewoon waartydens die konsepwysigings aan die bestaande vuurwapenwetgewing bespreek is.

Uit hierdie organisasies het 12 deelgeneem deur hulle insette mondelings te lewer. Van dié organisasies sluit in AfriForum, die ACDP, VF Plus, die DA en die Laeveld Jagters-, Versamelaars- en Sportskietvereniging. 

LEES OOK: VUURWAPENS: VOORGESTELDE WYSIGING WYD GEKRITISEER

Dié konferensie kom nadat die Staatskoerant van 21 Mei vanjaar die publiek uitgenooi het om kommentaar op die beoogde wysigingswet te lewer.

Hierdie voorstel behels dat selfverdediging nié meer as ’n geldige rede beskou sal word om ’n vuurwapenlisensie te kry nie.

Daar is na afloop van vanoggend se konferensie ’n mosie aanvaar dat die organisasies onder meer met mekaar inligting en idees sal deel rondom die organisasies se projekte en/of veldtogte teen die konsepwysigings asook samewerking met betrekking tot moontlike litigasie teen die laasgemelde.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist