Organisasie vra dat Madagaskar se nuwe kastrasiewet afgeskaf word

Deur on

8 Februarie 2024

Die wêreldwye menseregteorganisasie, Amnestie Internasionaal eis dat Madagaskar se nuwe kastrasiewet so gou moontlik afgeskaf word.

President Andry Rajoelina het in Januarie wysigings aan die huidige Strafkode voorgelê om chemiese en chirurgiese kastrasie deel van die wet te maak. ‘n Meerderheid parlementslede het ingestem tot die wysigings.

Mense wat in Madagaskar skuldig bevind word op aanklagte dat hulle minderjariges verkrag het, kan dus nou volgens hierdie wet gekastreer word.

Amnestie Internasionaal meen die wet is wreed, onmenslik en vernederend.

Die organisasie se streeksbestuurder vir Oos- en Suidelike Afrika, Tigere Chagutah sê in Madagaskar word talle sake van verkragting nié aangemeld nie weens slagoffers en hulle families se vrees vir vergelding, stigmatisering en ‘n gebrek aan vertroue in die regstelsel.

“Deur die beskuldigdes te kastreer sal dit nie noodwendig beteken dat meer mense gevalle van verkragting aanmeld nie. Dit weerspreek egter wette wat ondermeer marteling onwettig maak.”


Current track

Title

Artist