Opvolg: Vluginstrukteur geïdentifiseer ná helikopter-ongeluk

Deur on

4 Mei 2021

Een van die slagoffers van gister se helikopter-ongeluk in KwaZulu-Natal is geïdentifiseer as die 24-jarige vlieginstrukteur, Derek Fitzgerald.

Dit kom nadat ‘n Robinson R22-helikopter gisteroggend neergestort het en in die Umgeni-rivier naby die Indandaweg-afrit op die N2 in KwaZulu-Natal.

Volgens die Burgerlugvaart-owerheid sal hulle binne die volgende 30 dae ‘n voorlopige verslag oor die moontlike oorsaak van die ongeluk uitreik.

LEES OOK: HELIKOPTER STORT NEER NABY DURBAN

Die identiteit van die leerlingvlieënier is nog onbekend.

Intussen stroom medelye vir Fitzgerald op sy Facebook-blad in. Die Olive Tree kerk in Durban het ‘n foto van Fitzgerald op hulle Facebook-blad gedeel. Vanuit sosiale media-inskrywings blyk dit asof hy ‘n lid van die kerk se lofprysing en aanbiddingsgroep was.

Die kerk het hulle medelye betuig met Fitzgerald se familie, vriende en sy meisie, Megan.

Fitzgerald was ook in 2015 die kaptein van die Suid-Afrikaanse Onderwater-hokkiespan.

‘n Medelye op Derek Fitzgerald se Facebook-blad.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist