Opvolg: Polisiesigbaarheid op M1 verhoog ná rowers toeslaan

Deur on

22 Februarie 2024

Die polisie sê hy het sigbaarheidspatrollies op die M1 verhoog om motoriste se veiligheid te verseker nadat gewapende rowers Dinsdag tydens spitsverkeer op hulle toegeslaan het.

Volgens die polisiewoordvoerder, brigadier Athlenda Mathe geskied die ontplooiings strategies om te verseker dat die maksimum veiligheid op die land se hoofweë bewerkstellig word.

Mathe sê hommeltuie word ook aangewend om brandpunte dop te hou.

Videos van die rowers – wat vemoedelik onwettige mynwerkers is – wat tussen die motors rondhardloop is wyd op die sosiale media versprei.


Current track

Title

Artist