Luister: Noord-Kaapse “skoolskaap” is blêeeeerie oulik

Deur on

21 Februarie 2024

‘n Nuwe “leerling” is onlangs by die Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas in die Noord-Kaap ingeskryf. 

Die skool het in ‘n plasing op sy Facebook-blad geskryf dat die Hanslam, Martie Oosthuizen ‘n leerling is, wat saam met die graad 8-klas van 2024 gaan klasdraf, maar sy is ook die skool se amptelike gelukbringer.

Martie het tot haar eie Instagram-profiel waarop hooftrekke van haar dag as ‘n “leerling” aan die skool, vasgevang word. KLK Landbou in samewerking met Veekos en Trouw Nutrition South Africa het die Hanslam aan die skool geskenk en voorsien ook in haar behoeftes soos kos.

Die woordvoerder van die skool, Joanica Marais het met Esté Gross oor dié nuwe vier-potige leerling gesels.

Martie se Instagram-blad: https://www.instagram.com/hmo_martie?igsh=MTFpdHBwOHd2dGl1Zg==


Current track

Title

Artist