Opvolg: Liggaam by Voëlklip gevind

Deur on

Die liggaam van ‘n bejaarde man is uit die see by Voëlklip – by Heroldsbaai – in die Wes-Kaap gehaal.

Lede van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) tesame met polisieduikers het die man se liggaam uit sy voertuig gehaal wat vermoedelik Dinsdag oor die krans gestort het.

Gure weer en seetoestande het die herwinningspoging bemoeilik.

LEES OOK: VOËLKLIP EIS MOONTLIK NOG ‘N SLAGOFFER

Die polisie se kaptein Malcolm Pojie sê die voertuig sal nie in dié stadium uit die see gebring word nie weens die onstuimige seetoestande en die ligging van die voertuig.

Daar is begin met ‘n geregtelike doodsondersoek na die voorval.

Verskeie motors het die afgelope paar jaar oor die krans gestort waarvan die mees onlangse een in die begin van September was.


Current track

Title

Artist