Opposisiepartye teleurgesteld in Ramaphosa se staatsrede

Deur on

9 Februarie 2024

Opposisiepartye was oor die algemeen skepties en teleurgetseld in president Cyril Ramaphosa se staatsrede wat gisteraand in Kaapstad se stadsaal gehou is.

Die leier van die amptelike opposisie, John Steenhuisen, het volgehou dat gister se staatsrede Ramaphosa se laaste een was en dat die DA – tesame met ander politieke partye – die ANC in die komende verkiesing gaan onttroon.

Steenhuisen sê dat geen van die beloftes wat in Ramaphosa se afgelope ses staatsredes gemaak is nagekom is nie en geen wetgewing is in sy ampstermyn deurgevoer wat gehelp het om sy sogenaamde “Nuwe Daeraad” aan te help nie.

Op sy beurt het die leier van die VF Plus, Dr. Pieter Groenewald gesê dit is uit dié staatsrede duidelik dat die ANC-regering totaal verwyder is van die werklikheid van die probleme waarmee gewonde Suid-Afrikaners daagliks worstel.

Organisasies wat die burgerlike samelewing verteenwoordig het ook kommentaar gelewer op die staatsrede. AfriForum se hoof van openbare btrekkinge, Ernst van Zyl sê die staatsrede was besaai met ’n reeks gemanipuleerde syfers, sogenaamde feite en leuens – waarin feite weerhou is.

Hy sê dit is aangebied in ’n poging om die beeld wat die afgelope 30 jaar van ANC-bewind geskep is, blink te poets.

In reaksie op Ramaphosa se toespraak het Connie Mulder van die Solidariteit Navorsingsinstituut gesê die verkondiging van vals hoop in die staatsrede beklemtoon die wrede minagting waarmee die ANC-regering die mense van Suid-Afrika kul.

Foto: Elsa Esterhuizen


Current track

Title

Artist