27 November 2024
Die minister van elektrisiteit en energie, dr. Kgosientsho Ramokgopa sê Eskom het 400 000 nuwe kliënte bygekry, wat voorheen nie elektrisiteit gekoop het nie.
Dit weens die feit dat kragverbruikers hulle voorafbetaalde meters moes opgradeer, om steeds krag te kan ontvang.
Die sperdatum vir gebruikers om hulle kragmeters op te gradeer, was die afgelope Sondag.
Ramokgopa sê diegene wat nou bygevoeg is as betaalde kliënte, kan tot R440-miljoen se ekstra inkomste vir Eskom per maand inbring.
Daar word geraam dat Eskom sowat R2,5-miljard per maand verloor aan mense wat krag steel.
Eskom het intussen ook gesê dat kragverbruikers wat nog nie voor Sondag se sperdatum hulle meters opgegradeer het nie, tot die 13de Desember het om die opgradering af te handel.