Ontvangsdame doodgeskiet tydens rooftog by dokter se spreekkamer

Deur on

8 April 2021

‘n Vrou is doodgeskiet en twee ander beseer tydens ‘n rooftog by ‘n dokter se spreekkamer in die noorde van Pretoria.

Volgens Netcare 911 se woordvoerder, Shawn Herbst het die voorval gistermiddag gebeur. ‘n Onbekende aantal gewapende rowers het die spreekkamer in Mabopane binnegestorm en geld geëis.

Herbst sê ‘n skietery het glo uitgebreek en die ontvangsdame is noodlottig gewond.

Nóg ‘n vrou – vermoedelik ‘n assistent by die praktyk – is ook raakgeskiet en is in ‘n ernstige toestand in ‘n naby-geleë hospitaal opgeneem. Die dokter is ook gewond en is per lugambulans na ‘n spesialiteitsfasiliteit geneem.

Die voorval word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.


Current track

Title

Artist