ONS REIS DEUR ONS ERFENIS

Deur on

Ons begin met ’n nuwe reeks, genaamd Ons Reis Deur Ons Erfenis, want dis Erfenismaand en ons Afrikaners het ’n ryk erfenis om te vier. Wat jy in die volgende agt episodes kan verwag is dat ons na plekke, monumente en gedenktekens gaan reis, sommige waarby jy al was en ander waar jy nog nie was nie.

Vandag maak ons vir oulaas ’n draai by een van ons MOET-stop-Afrikaner-ervarings in Ons Reis Deur Ons Erfenis.Ons vind meer uit oor die Vrijheidsreistoer in KwaZulu-Natal en dis Barry Muller, Nasionale projektehoof van die FAK wat ons gids is op hierdie toer.
Dis tyd vir Ons Reis Deur Ons Erfenis. En dis vandag episode sewe van agt. Ons kuier in Maputo, Mosambiek by die Louis Trichardt-gedenktuin… en ons toergids is Gerhard Pretorius van die Voortrekkermonument en Erfenisstigting.
Vandag doen ons by Paul Kruger se plaas, Boekenhoutfontein, aan in Ons reis deur ons erfenis. Dié plaas is in Rustenburg in die Noordwes-provinsie. Paul Kruger het die plaas in 1862 gekoop en hy en sy gesin het van 1873 af daar gewoon. Ons sluit by Charles Rademeyer aan. Hy is die FAK se kultuurnetwerkkoördineerder van die Noordelike Provinsies.
Vandag doen ons by die Doornbult-konsentrasiekamp in die Noord-Kaap aan in Ons reis deur ons erfenis.
Was jy al daar? Vertel vir my. Ons sluit aan by Cara Tomlinson, die FAK se kultuurnetwerkkoordineerder vir die Noord-Kaap (Orania).
Ons besoek vandag die Vrouemonument in Bloemfontein in die reeks, Ons Reis Deur Ons Erfenis. Wat jy in dié reeks kan verwag is dat ons na plekke, monumente en gedenktekens gaan reis, waarby jy al was en sommige waarby jy nog nie was nie. Ons sluit aan by Jan-Danie Malan, kultuurkoördineerder vir die FAK in die sentrale streek van Suid-Afrika.
Ons besoek vandag die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl in die reeks, Ons Reis Deur Ons Erfenis. Wat jy in dié reeks kan verwag is dat ons na plekke, monumente en gedenktekens gaan reis, waarby sommige van ons al was en waarby ván ons nie was nie. Ons sluit aan by die FAK se kultuurkoördineerder in die Kaap-streek, Elizma Smith, wat ons Taalmonument toe vergesel.
In hierdie episode van Ons Reis Deur Ons Erfenis besoek ons die Voortrekkermonument.
Ons sluit by die kommunikasiebestuurder van die Voortrekkermonument, Gerhard Pretorius, aan.
Ons begin by Bloedrivier naby Dundee in KwaZulu-Natal… en ons gaan op reis saam met professor Anton van Vollenhoven, direksielid van die Voortrekkermonument, argeoloog en lid van SAHRA.

Current track

Title

Artist