fbpx

Onderwyseres gaan skuldig pleit op klag van ontvoering

Deur on Sep 15, 2020

Die 27-jarige voormalige onderwyseres van Vanderbijlpark, wat glo die ontvoering van ‘n 7-jarige kind in September verlede jaar beplan het, het in die hooggeregshof in Palm Ridge in Johannesburg aangedui dat sy skuld gaan erken. 

Die juffrou het in die hof gesê dat sy skuld gaan erken as deel van ‘n pleitooreenkoms wat sy met die staat wil aangaan. 

Dié dogtertjie, toe 6 jaar oud, is op 2 September verlede jaar ontvoer toe haar ma haar by die skool afgelaai het. Sy is vir vier dae lank aangehou, toe sy later in ‘n woonbuurt op die dorp agtergelaat is. Haar naam mag nie genoem word nie, nadat ‘n bevel van die Grondwethof op 4 Desember 2019 ingestel is, waarvolgens minderjarige slagoffers se name nie bekend gemaak mag word nie.

Die onderwyseres en haar medebeskuldigdes, twee mans en ‘n vrou word van ontvoering, poging tot ontvoering en poging tot afpersing aangekla.

Die 40-jarige vrou, wat tans op borgtog is, se prokureur Stoffel Nel het aangedui dat sy ook skuld gaan erken. Die twee mans se regsverteenwoordiger, Martin Botha het aangedui dat hy meer tyd nodig het om hulle pleitooreenkoms af te handel.

Die drie ander verdagtes, die onderwyseres en die twee mans bly in polisie-aanhouding totdat die saak Donderdag weer hervat.


Current track

Title

Artist