Onderwysdepartement sê beweerde kullery in matriekeksamen slegs in Mpumalanga ondersoek

Deur on

12 Desember 2022

Die departement van basiese onderwys sê dit is jammer dat misleidende inligting gepubliseer word om onsekerheid en angs te skep oor die 2022 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen.

Dit volg op die publisering van ‘n nuusberig waarin gesê word dat die departement ‘n matriekeksamenbedrogskandaal ondersoek wat meer as duisend leerders in ses provinsies betrek het.

In ‘n verklaring wat vanoggend uitgereik is, sê die departement die artikel is onakkuraat, misleidend en ‘n versinsel – aangesien daar glo geen waarheid in kommentaar steek wat aan die departement toegeskryf word oor ‘n ondersoek wat na bewering in ses provinsies aan die gang is nie.

Amptenare het egter bevestig dat ‘n ondersoek in een kring in Mpumalanga gelas.

Die betrokke artikel het gehandel oor WhatsApp-groepe wat na bewering gebruik is om antwoorde tydens die eksamen te verskaf.

Dié matrieks het na bewering onderwysers tot R1500 rand betaal om by WhatsApp-groepe aan te sluit waar antwoorde op gestuur is terwyl eksamens aan die gang was. Dit wil ook voorkom dat sommige onderwysers en eksamentoesighouers leerlinge gehelp het om op dié manier te kroek. 


Current track

Title

Artist