Olimpiese atleet sterf na sy aan die brand gesteek is

Deur on

5 September 2024

Die Ugandese Olimpiese atleet Rebecca Cheptegei het aan haar beserings beswyk nadat haar kêrel Sondag petrol oor haar uitgegooi en dit aan die brand gesteek het.

Volgens die hoof van Uganda se Olimpiese Komitee, Donald Rukare het die 33-jarige Cheptegei brandwonde op 80% van haar liggaam opgedoen tydens die voorval van huishoudelike geweld.

Haar aanvaller, Dickson Marangach, het self 30% brandwonde opgedoen tydens die aanval wat in Kenia plaasgevind het.

Haar dood volg enkele weke nadat Cheptegei die 44steplek behaal het in die marathon in die Olimpiese Spele in Parys.


Lees verder

Current track

Title

Artist