OGGENDKUIER MET SUSAN – APRIL 2023

Deur on

Susan Botha kuier heerlik oor ‘n oggendkoffie …

Sassy Fund (‘n nie-winsgewende organisasie) bied in samewerking met ‘n klompie onbaatsigtige plaaslike besighede op 3 Junie 2023 ‘n ‘Cancerversary live fundraiser’ aan in Worcester in die pragtige Breederivier Vallei ten bate van ‘International Cancer Survivor Day’ wat jaarliks op die 1ste Sondag van Junie gevier word.
Regsgesprek: Cerneels Lourens van die prokureursfirma Lourens en Schwartz
Linguistiese menseregte: `n dialoog van die Wes-Kaapse komitee van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad het onlangs plaasgevind. Dit het onder meer gehandel oor linguistiese menseregte met bepaalde verwysing na die strafregstelsel. Oudregter Albie Sachs het as die sleutelspreker opgetree vergesel van ’n paneel bestaande uit prof. Monwabisi Ralarala van die Universiteit van Wes-Kaapland, dr. Zakeera Docrat van Rhodes-universiteit asook Cerneels Lourens
Internasionale dag vir Monumente en erfenisterein:
Wat en waar is jou gunsteling monument, waneer laas het jy ‘n monument besoek, ervaring
Regsgesprek: Anton van der Bijl, die adunkbestuurshoof van Solidariteit
Watter invloed het die nuwe Wet op Diensbillikheid op jou werk?
Onderhoud: Reyno Wepener – Boelie issi cool ni
Regsgesprek: Marius du Toit van Du Toit Prokureurs
Die afgelope naweek is `n paar motoriste weer voorgekeer deur die metropolisie en is sommige dalk in hegtenis geneem omdat hulle na bewering sou bestuur het terwyl hulle oor die limiet is.
Neels van Jaarsveld en sy worsie Lulu gaan op reis
Neels is nie die enigste bekende wat ’n sagte plekkie vir troeteldiere het nie en in die nuwe reeks, Op reis met my beste vriend, gaan hy by vriende in die vermaakbedryf – én hulle troeteldiere – kuier. Daar gaan onder meer gekyk word na dierevriendelike-restaurante, -akkomodasie en -aktiwiteite, liefdadigheidsorganisasies wat op diere fokus en selfs ’n kunstenaar wat troeteldiere skets en roomys wat spesiaal vir honde ontwikkel is.
Regsgesprek: Rohann Eloff van Kriek, Wassenaar en Venter Ingelyf
Vandag gesels ons oor die PAIA-wet. Dit is wetgewing wat die publiek toegang verleen tot inligting wat in openbare belang is

Current track

Title

Artist