<--Google Webmaster Tool-->

OGGENDKUIER MET SUSAN 14 APRIL 2022

Deur on

Onderhoud: Jan de Bruin: uitvoerende direkteur: Highway Ministries
Highway Ministry se kenmerkende rooi-en-wit gebedstent sal weereens hierdie komende Paasnaweek (15 tot 18 April) by die Petroport (tussen die Kliprivier/Nigel afrit en Heidelberg) oor die N3 waak. Jan de Bruin is die afgelope 27 jaar aan die stuur van Highway Ministry en bekend vir die goeie werk wat hy en sy span veral onder vragmotor-, taxibestuurders asook passasiers verrig. Reg deur die jaar, besoek spanne die verskillende grensposte van Suid-Afrika, waar hulle vragmotorbestuurders met die Evangelie bedien en Bybels (in verskillende tale) uitdeel.
Maar, dit is veral oor die besige Kers- en Paasseisoen wat die span ‘n tent langs die N3 hoofweg opslaan en vir die veiligheid van reisigers en uniformdraers bid.

MEDIES – LINKERBREIN REGTERBREIN
Ons almal het al probeer uitpluis of ons linkerbrein- of regterbreindominant is, want dis glo aanduidend van ons sterk punte en hoe ons alledaagse dinge benader.
Psigobioloog en Nobelpryswenner, Roger W Sperry, het in die 1960’s hierdie teorie deur sy navorsing aan die lig gebring. Hy het volgens die gespletebreineksperimente na die breinfunksie gekyk.
Ons gesels vandag oor hierdie baie interessante onderwerp met dr. Jurita Engelbrecht, ’n sielkundige van Monumentpark in Pretoria


Lees verder

Current track

Title

Artist