fbpx

OGGENDKUIER MET ELSJE – 2 JULIE

Deur on Jul 2, 2020

Hannes Brits het ‘n omkeerstrategie-praktiese gids geskryf vir entrepreneurs te midde van die Covid 19 krisis. Hannes vertel hoe sakelui hulle besighede in hierdie tyd kan omkeer.  /

Julie is geestesgesondheidbewustheidsmaand en een so ’n geestessiekte sluit verskillende eetversteurings in. ’n Eetversteuring is ’n sielkundige toestand wat kan begin weens ’n obsessie met kos, gewig of die persoon se liggaamsbou. In ernstige gevalle kan ’n eetversteuring lei tot ernstige gesondheidsprobleme of selfs die dood. Een van die bekendste eetversteurings is anoreksie, wat dikwels meer vroue as mans raak. Mense met DIE siekte beskou hulself dikwels as oorgewig en het ’n obsessie met wat hulle eet en wanneer hulle eet. ’n Ander eetversteuring is bulimie, waar die persoon ’n abnormale hoë hoeveelheid kos sal inneem en dan daarvan ontslae raak, onder meer deur lakseermiddels te gebruik of om hom- of haarself naar te maak. Om meer met ons oor eetversteurings te gesels, sluit ek nou telefonies by Este van Wyk van Pretoria aan, wat as tiener aan anoreksia gely het.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 OK200702Hannes-omkeerstrategie 8 MB
mp3 OK-200702-NETMEDIES 18 MB

Lees verder

Current track

Title

Artist