fbpx

OGGENDKUIER – 28 JULIE 2020

Deur on Jul 28, 2020

REGSGESPREK: Omtrent elke keer wat jy ’n webwerf besoek, op die “aanvaar”-knoppie klik of sagteware aflaai, sluit jy ’n aanlyn-kontrak – ’n nie-onderhandelbare kontrak soos die terme en voorwaardes wat die gebruik van webwerwe of die privaatheidsbeleide van aanlyn-verskaffers reguleer. Jy word selde verplig om dit te onderteken en die inhoud daarvan word nie behoorlik gereguleer nie, wat beteken dat jy moontlik tot ongunstige terme instem sonder om dit te besef. So sê dr Sanmarie van Deventer van die Universiteit van Stellenbosch.

Om te verdwaal in Venesië terwyl jy pal rondkyk is nie moeilik nie. Ons toer virtueel na hierdie stad wat vergelyk word met die eet van ‘n hele boks likeursjokolades op een dag.

DRISA is ‘n projek deur vrywilligers om Transnet se spoorwegfoto’s uit vervloë dae te digitaliseer. Die projekleier en navorser  Johannes Haarhoff gesels met ons. 

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 OK-200728-REGSGESPREK 16 MB
mp3 OK-200728-VENICE 10 MB
mp3 OK-200728-DIGITALE-FOTOS 12 MB

Current track

Title

Artist