fbpx

OGGENDKUIER – 14 SEPTEMBER 2020

Deur on Sep 14, 2020

Wright het die eerste keer met ‘n motoraangedrewe vliegtuig in Desember 1903 aan die ooskus van die VSA gevlieg. Geskiedenis navorser Johannes Haarhoff gesels vanoggend oor wanneer die eerste suksesvolle vlug Suid-Afrika toe plaasgevind het en hoe het die Suid-Afrikaanse Lugdiens tot stand gekom. Die tweede wêreldoorlog het ook ‘n beduidende invloed op die SAL gehad. 

Maggie Jooste was 13 toe die Anglo- Boereoorlog uitgebreek het.  Sy en haar vyf jonger broers is saam met haar ma in ‘n konsentrasiekamp in Kwazulu Natal aangehou. Hier het sy dagboek van haar ervaring gehou.  57 jaar later het haar familie die manuskrip ontdek en vir die eerste keer sal ons nou weet hoe ‘n tienermeisie die ontbering, verlies maar ook die goedhartigheid van mense in die konsentrasiekamp beleef het.  Ek gesels met Graham Jooste, ‘n familielid van Maggie. 

Coco is ‘n worsie/jack russel-kruising en is langs ‘n grondpad deur ‘n barmhartige Samaritaan gevind. Wetnose Diereskuiling het haar versorg tot nuwe aanneemouers haar kom haal het.  Ons hoor hoe dit nou met Coco gaan.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 OK-200914-LUGVAART-GESKIEDENIS 9 MB
mp3 OK-200914-MAGGIE 8 MB
mp3 OK-200914-COCO 4 MB

Lees verder

Current track

Title

Artist