“NVG moes vinniger vorder met vervolging van staatskapers,” erken Shamila Batohi

Deur on

24 April 2024

Die nasionale direkteur van openbare vervolging, Shamila Batohi, erken dat sy graag sou wou hê dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) meer vordering gemaak het met die vervolging van sake wat met staatskaping verband hou.

Dít te midde van kommer oor die stadige pas in die hantering van sake met betrekking tot staatskaping.

Batohi het parlementslede verlede jaar belowe dat korrupsie en staatskaping-verwante sake ’n prioriteit vir die NVG sal bly.

Die Valke het die afgelope jaar minstens 33 inhegtenisnemings gemaak, op grond van aanbevelings in die finale verslag van die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping.

Daar was egter ‘n duidelike gebrek aan suksesvolle vervolgings. Batohi – wat al vyf jaar in dié posisie is – sê hoewel die wiele van geregtigheid dalk vir sommige te stadig draai, is die era van straffeloosheid in Suid-Afrika verby.


Current track

Title

Artist