“Nuwe partye sal nie topses se steun beïnvloed nie”

Deur on

6 Februarie 2024

Die stortvloed nuwe politieke partye wat aan die komende verkiesing gaan deelneem behoort nie ‘n groot invloed op die steunbasis van die ses groot politieke partye te hê nie.

Dit is volgens inligting wat vrygestel is ná ‘n peiling wat deur die Inclusive Society Institute gedoen is.

Volgens dié organisasie se Daryl Swanepoel sal dié nuwe partye gesamentlik nie meer as 4% van die steun op hulle verenig nie.

Swanepoel – die hoof uitvoerende beampte van dié instituut – sê die groot ses politieke partye – ANC, DA, EFF, IVP, ActionSA en Vryheidsfront Plus – sal die oorgrote meerderheid van die steun deel.

Volgens dié peiling sal die ANC ’n reuse-afname in sy steun sien, maar sal die party waarskynlik steeds die meeste steun kry.


Current track

Title

Artist