Kragtoevoer is herstel na alle woongebiede wat deur die Zwartkop-substasie van krag voorsien word.
Kabeldiefstal en vandalisering het sowat agt dae gelede tot ‘n ontploffing gelei wat daartoe gelei het dat mense in groot dele van Centurion sonder krag gelaat is.
Die LUR vir nutsdienste, Frans Boshielo, het ‘n dag na die ontploffing op 21 Mei gesê dat die Lyttelton-lyn op die Njala-substasie ook deur die ontploffing geraak is.
Woongebiede wat geraak is, het Wingate, Aries en De Hoewes ingesluit. Hoewel krag na hierdié areas gou herstel is, het inwoners van Zwartkop, Valhalla, Clubview en Claudius vir ‘n week geen krag gehad nie. Ook die Militêre Basis in Thaba Tshwane en die Zwartkop Lugmagbasis is geraak.
Die Tshwane-metro se woordvoerder, Lindela Mashigo sê tegnici van die metro se energie- en elektrisiteitsdepartement het deurlopend gewerk om die substasie te herstel.
Die proses is bemoeilik weens ‘n kabelboks wat opgedatteer moes word, omdat dit reeds in 1972 gebou is. Mashigo sê van die onderdele van die boks moes vanuit die binneland ingevoer word.
Hy sê indien daar inwoners is wat steeds sonder krag sit, moet hulle die normale proses volg om ‘n kragonderbreking by die metro aan te meld.