7 Oktober 2022
Oud-president Jacob Zuma se vonnis vir minagting van die hof het vandag amptelik tot ‘n einde gekom.
Die Grondwethof het vir Zuma in Junie verlede jaar tot 15 maande gevangenisstraf gevonnis.
Hy is op 8 Julie 2021 tronk te gestuur, en is daarna op 5 September 2021 op mediese parool geplaas. As Zuma nie op mediese parool geplaas is nie, sou hy vandag uit die gevangenis gekom het.
Die woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, Singabakho Nxumalo, het die nuus bevestig. Hy sê alle administratiewe prosesse is nou afgehandel.
https://twitter.com/AdvoBarryRoux/status/1578275055033004038
It's OFFICIAL.
— JGZuma Foundation (Official) (@JGZ_Foundation) October 7, 2022
H.E President Zuma is now a FREE man. pic.twitter.com/YoTscILabR