21 November 2022
Oud-president Jacob Zuma se appèlaansoek om ‘n beslissing dat sy vrylating op mediese parool ongrondwetlik is te betwis, het misluk.
Dié aansoek wat deur Zuma en die nasionale kommisaris van korrektiewe dienste gebring is, is vanoggend in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor.
Dié hof het ook bevind dat hulle die Helen Suzman-stigting, DA en AfriForum ‒ wat almal destyds die hof genader het om Zuma se vrylating op mediese parool te betwis ‒ se regskoste moet betaal.
Zuma het die appèlhof genader nadat die hooggeregshof in Pretoria vroeër beslis het dat sy mediese parool ongrondwetlik, irrasioneel en onregmatig is.
Hoewel Zuma se vonnis van 15 maande tronkstraf verlede maand verstryk het, het die appèlhof bevind dat hy moet teruggaan na die gevangenis in Estcourt, KwaZulu-Natal. Die departement van korrektiewe dienste sal egter die tydperk daarvan moet bepaal.