Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Zuma-betogings versprei na Gauteng

11 Julie 2021

Minstens 62 mense is tot dusver in KwaZulu-Natal en Gauteng in hegtenis geneem in verband met geweldadige betogings in dié provinsies. 

Die betogings onder die #FreeJacobZuma, wat Vrydagoggend in KwaZulu-Natal uitgebreek het, het vermoedelik ook nou na Gauteng versprei. Foto’s en videos is wyd op sosiale media versprei waarin mense ook nou in Gauteng winkels plunder en voertuie aan die brand steek.

https://twitter.com/NkosinatiMagwa/status/1414172254552956930

Die polisiewoordvoerder kolonel Brenda Muridili sê in Jeppestown en Alexandra is 25 mense gisteraand in hegtenis geneem nadat hulle glo winkels geplunder het. Sy sê ongeveer 300 mense het die M2 in Jeppestown versper. 

Muridili sê in Alexandra is ‘n polisiebeampte raakgeskiet en moes na ‘n hospitaal geneem word. 16 mense is hier in hegtenis geneem weens openbare geweld en is glo ook betrokke by dié skietvoorval. Twee ander polisiebeamptes is ook beseer. 

Volgens haar is ‘n waarskuwing ook uitgereik aan mense wat aanhitsende boodskappe op sosiale media versprei. ‘n Kennisgewing doen die rondte waarin ondersteuners van Jacob Zuma aangemoedig word om môre Suid-Afrika tot ‘n sogenaamde stilstand te dwing. 

Die betogings het uitgebreek nadat Zuma Woensdagaand in hegtenis geneem is. Hy is tot 15 maande gevangenisstraf gevonnis en is tans in die Estcourt tronk.

https://twitter.com/PublicProtecta/status/1414173200121049091

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Eie rigting

Zoeloes op die Afrikanerstoep

Eskom

Eskom gereed om weer geld te leen

ENOCH

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

pexels-shvets-production-9775854

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

SENZO-MCHUNU

Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig

Ander Nuus Artikels

Kleinfontein
Kleinfontein-gemeenskap reageer op beplande EFF-betoging
CARNEY
Kanada kry ‘n nuwe premier
GpsUsB5XkAAKkI0
Paastyd padsterftes neem met 45,6% af
Eie rigting
Zoeloes op die Afrikanerstoep
Eskom
Eskom gereed om weer geld te leen

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende