Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Zuma beslissing: Reaksie stroom in

15 Desember 2021

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het ‘n kort ruk gelede beslis dat die voormalige kommissaris van korrektiewe dienste, Arthur Fraser se besluit om oud-president Jacob Zuma op mediese parool te plaas, onwettig was.

Zuma is in September op mediese parool vrygelaat. Die hof het ook beveel dat Zuma terug moet keer tronk toe. Die DA se leier, John Steenhuisen het die nuus verwelkom. Hy meen dit is ‘n bewyse dat wat vir een persoon geld moet vir almal geld.

Die voormalige ANC-lid, Carl Niehaus sê dit is onaanvaarbaar. Hy het op Twitter gesê dat sy inhegtenisname in die eerste plek onwettig was. Hy meen die “aanslag op Zuma is persoonlik.”

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ook die uitspraak verwelkom. Die organisasie was ‘n applikant in die saak. Die hoof van beleid en aksie by AfriForum, Ernst Roets sê die publiek is al vir ’n tyd lank bekommerd dat daar dubbele standaarde in die Suid-Afrikaanse regstelsel is en dat senior politici of mense met politieke verbintenisse nie dieselfde hanteer word as wat gewone landsburgers of die res van die publiek hanteer word nie.

Die departement van korrektiewe dienste sê hulle bestudeer nog die uitspraak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Young,Business,Woman,Holding,Sign,Looking,For,A,Job

Werkloosheidskoers neem met 1-persentasiepunt toe

Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.

Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op

Screenshot 2025-05-13 105216

68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap

Screenshot 2025-05-13 091435

49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom

Repliek

Van Wiskunde tot werk

Ander Nuus Artikels

panyaza-lesufi5
Lesufi vra om verskoning aan kankerpasiënte vir vertragings in behandeling
cyril17
Ramaphosa: “Suid-Afrikaners wat na Amerika vlug is lafaards”
The,Increase,In,Unemployment.,News,In,The,Newspaper,On,The
“SA gaan onder werkloosheid gebuk, RNE skitter in sy afwesigheid”
Young,Business,Woman,Holding,Sign,Looking,For,A,Job
Werkloosheidskoers neem met 1-persentasiepunt toe
Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.
Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende