Zelenski binnekort in SA


Luister nou

Volgende

Zelenski binnekort in SA

Die presidensie het vandag aangekondig dat die president van Oekraïne, Wolodimir Zelenski na verwagting volgende maand besoek aan Suid-Afrika sal aflê.

Die presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die besoek is ‘n voortsetting van deurlopende verbintenisse oor ‘n inklusiewe vredesproses tussen Rusland en Oekraïne.

President Cyril Ramaphosa het Zelenski verlede week op ‘n staatsbesoek genooi, ná hewige kritiek op skuiwe deur Rusland en die Verenigde State van Amerika om ‘n einde aan die oorlog te onderhandel deur ‘n proses waarheen nóg Oekraïne nóg sy Europese bondgenote genooi is.

Ramaphosa het op die sosialemediaplatform, X gesê Suid-Afrika bly daartoe verbind om samesprekings tussen Rusland en Oekraïne te ondersteun.

Volgens Ramaphosa het die twee leiers glo ‘n konstruktiewe verbintenis en stem saam oor die dringende behoefte aan ‘n vredesproses wat alle partye betrek.

Zelenski het Ramaphosa bedank vir sy ondersteuning van Oekraïne se soewereiniteit en gebiedsintegriteit en gesê hy hoop dat vrede vanjaar bemiddel kan word.

“Dit is belangrik dat ons lande dieselfde posisie deel: Niks oor Oekraïne sonder Oekraïne nie,” het Zelenski op X gesê.

2 Responses

  1. Zelensky is nog ‘n diktator, alhoewel Oos-Europese diktator, waarmee die ANC en Ramaphosa assosieër.
    Gaan Zelensky ook sy biljoene Vsa dollars in Ramaphosa se rusbanke “was”?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Zelenski binnekort in SA


Luister nou

Volgende