9 Mei 2023
Die DA sê Zimbabwe se regerende party, ZANU-PF behoort verbied te word om Suid-Afrika se verkiesing by te woon.
Die DA se nasionale woordvoerder, Solly Malatsi sê die ANC se uitnodiging aan ZANU-PF is deel van ‘n desperate poging om enige ondersteuning te kry vir die verkiesing op 29 Mei.
Volgens Malatsi kan dit as politieke inmenging gesien word indien ZANU-PF wel die uitnodiging aanvaar. Hy meen die party moenie toegelaat word nie, aangesien dit dieselfde party is wat reeds vir etlike jare nié Zimbabwe se kieswette nakom nie.
Malatsi sê die DA sal ‘n amptelike klag by die Onafhanklike Verkiesingskommissie aanhangig maak en beskou dit as direkte politieke inmenging.
Hy sê die ANC ondersteun deurlopend die ZANU-PF ondanks die party se verontagsaming van die Zimbabwiese kieswet.
Volgens Malatsi sal die DA alles in sy vermoë doen om toe te sien dat die ZANU-PF nie by die verkiesing teenwoordig is nie.