20 Julie 2023
Die Nigeriese professor Bankole Omotosho is in die ouderdom van 80 in Johannesburg oorlede.
Hy het in die vroeë 2000’s bekendheid verwerf toe hy die gesig van die bekende Vodacom-advertensie “Yebo Gogo” geword het. Sy gesig is nie net op TV te sien nie, maar was ook op groot advertensieborde.
Omotosho moes weens finansiële probleme in Nigerië werk in die buiteland soek, waarna hy in 1992 na Suid-Afrika verhuis het.
Omotosho se familie sê hy is gister na ‘n lang siekbed oorlede.
