Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Wysigingswet op films en publikasie: Wat jy moet weet

3 Maart 2022

President Cyril Ramaphosa het verlede maand die wysigingswet op films en publikasie goedgekeur, wat op 1 Maart 2022 in werking getree het.

Die adjunk-minister van kommunikasie en digitale tegnologie asook die Rolprent en Publikasie Raad – die FPB – sê sy wysigingswet poog daarin om mense te midde van ontwikkelende tegnologieë en sosiale media steeds te beskerm.

Volgens die raad se voorsitter, Zama Mkosi het die manier waarop sekere inhoud versprei word ook aansienlik verander. “Al hoe minder mense gaan kyk films in ‘n rolprentteater en DVD’s is ook nie meer volop nie. Aanlyn stromingsdienste en inhoud op sosiale media het die afgelope paar jaar begin toeneem.”

Wysigings aan die wet is vir die eerste keer in 2015 oorweeg en die besluit is geneem om die FPB se regulasies ook uit te brei na aanlyn publikasies.

Luidens die wysigings sal die FPB lisensie-ooreenkomste met aanlynverspreiders aangaan. Hierdie verspreiders moet by die raad registreer en sekere riglyne waaraan dit moet voldoen word uiteengesit.

Van die noemenswaardige veranderinge van die wysigingswet sluit in:

  • Die FPB sal luidens die wet ander aanlyn inhoud kan reguleer nié net meer rolprente en televisie nie.
  • Kommersiële aanlyn-verspreiders moet nou sy inhoud by die FPB indien vir klassifikasie.
  • Kommersiële aanlyn-verspreiders kan ook aansoek doen om self sy inhoud te klassifiseer luidens reeds bestaande klassifikasies van die FPB
  • ‘n Private foto met ‘n seksuele inhoud (wraakpornografie) mag nie op die internet of sosiale media-platforms versprei word nie.
  • Haatspraak, kinderpornografie, propoganda en aanhitsing tot geweld word ook nou beskou as ‘n kriminele oortreding.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GrVQYSwWcAEQTk0

Johann Rupert en Ernie Els glo verantwoordelik vir Trump en Ramaphosa vergadering

GrYgh3mW8AA78LQ

Voormalige burgemeester vaar uit oor brandende substasies

Matriekeksamen

Onderwysdepartement stel raad saam om 30%-slaagsyfer te heroorweeg

GrWax5CXIAAmt93

Wraakpornografie is nou onwettig in die VSA na Trump ‘n wet onderteken

GrYgh3mW8AA78LQ

Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie

Ander Nuus Artikels

GraUysfXsAAcdKU
Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel
Geld-1
Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%
IMG-20220418-WA0228
Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante
GrVQYSwWcAEQTk0
Johann Rupert en Ernie Els glo verantwoordelik vir Trump en Ramaphosa vergadering
GrYgh3mW8AA78LQ
Voormalige burgemeester vaar uit oor brandende substasies

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende