Oggend met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende

Wysiging van Skolewet bied rede tot kommer

Nuuskommentaar: 8 Maart 2022

Deur: Werner Human

Die wysiging van ʼn wet veronderstel ʼn samehangende rede vir die wysiging, dat die wysiging met bestaande wetgewing strook en dat die wysiging self redelik is.

Ons weet nie van die meeste wette wat gepromulgeer word nie en dit het min te doen met ons daaglikse lewe. Anders gestel, dit sal in uiters beperkte gevalle wees wat ʼn wetswysiging ons daaglikse lewe direk gaan raak.

Die wysigingswetsontwerp wat daarop gemik is om die Skolewet te verander, is egter een so ʼn geval. Dié wysigingswet verteenwoordig werklik die “burokratisering” van Afrikaanse skole en die omskakeling van Afrikaanse openbare skole na staatskole.

Daar word dikwels na Afrikaanse skole as staatskole verwys, maar dit is nie die geval nie. Ons skole is openbare skole wat beteken die skool is onlosmaaklik deel van die gemeenskap waar dit gesetel is en die gemeenskap speel ʼn deurslaggewende rol in die skool se bestuur en vooruitgang.

In die geval van ʼn staatskool is ʼn skool volkome aangewese op die staat, en die stand van staatskole vandag weerspieël ook die stand van die regering.

Ingevolge die wysigingswetsontwerp word die magte van die departement aansienlik uitgebrei wat die toelatingsprosesse en die saamstel van skole se taalbeleid betref. Ingevolge die Skolewet kon skole se beheerliggame hierdie twee aspekte bestuur, en dit is van die belangrikste funksies van ʼn beheerliggaam. Dit is hier waar die departement ʼn administratiewe rol vervul het, en nou wil die departement die patroon wat in Gauteng begin vorm aanneem het, verdiep deur aan Afrikaanse skole voor te skryf.

Die wetswysiging ken wye diskresionêre magte, wat politieke kenmerke dra, aan die departement toe. Die departement moet nou in die finale instansie toelatings- en taalbeleid van skole goedkeur, en moet onder meer oorweging skenk aan die belange van die “breër gemeenskap”, wat geen definisie of perke dra nie.

Deur die wetswysiging word ʼn groter las op onderwysers geplaas om werk te doen wat vroeër deur die departement gedoen is en word die proses om skole te laat saamsmelt verfyn.

Die punt is dat soveel van die wysigings, wat etlike blaaie beslaan, uitsluitlik Afrikaanse skole teiken. Afrikaans-Engels-parallelmediumskole beslaan so 10% van die totale getal openbare skole, en Afrikaanse enkelmedium- openbare skole so 5%.

Die verskerpte fokus op Afrikaanse skole wek agterdog oor die motiewe agter sekere bepalings.

Nietemin – hierdie beoogde wetswysigings is nie die eerste aanslag op Afrikaans nie.

Die eerste weergawe van dié wetswysiging was in 2017 oop vir openbare kommentaar en die inhoud daarvan was toe veel meer drakonies. Meer as 100 000 kommentare is destyds teen dáárdie weergawe ontvang en die departement moes dit uiteindelik aanpas.

Indien daar nie in 2017 regsmenings ingewin en veldtogte gevoer was nie, sou die posisie van Afrikaanse skole vandag veel anders gewees het. Dit is belangrik dat ons op verskeie fronte mobiliseer en die nuutste weergawe openlik opponeer.

NP van Wyk Louw het geskryf oor die belangrikheid daarvan dat elke generasie “protes” aanteken teen die vraagstukke van die tyd – dit is gevaarlik indien ʼn hele geslag sonder protes verbygaan, skryf Louw.

Die volhoubaarheid van Afrikaanse skole is ʼn waardige saak wat doelgerigte en verbete optrede vir die volgende geslag eis.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Oggend met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende