19 September 2023
Die Amerikaanse lugmag se F-35-militêre straler, wat die afgelope naweek verdwyn het en gister nog soek was, is gevind.
Volgens die Amerikaanse Lugmag se woordvoerder, majoor Melanie Salinas is die wrakstukke sowat twee ure van die basis opgespoor.
Dit volg nadat die vlieënier van die straler – ter waarde van sowat $80-miljoen-dollar – die uitskiet-stoel suksesvol naby Charleston geaktiveer het.
Die rede wat tot dié besluit gelei het is nog onduidelik, terwyl die vlieënier van die straler in ‘n stabiele toestand in ‘n hospitaal opgeneem is.
Amerikaanse amptenare sal nou dringende lugvaartveiligheid-besprekings voer.